Friday, 20 September 2013

Goeie middag,

Kan ek vir julle 'n storie vertel?

Sally is 'n Vier-en twintig jarige onderwys student. Sy is 'n baie toegewyde student maar sy is ook baie lui. Sally was nooit iemand wat arbeidsaam was nie, maar sy wou altyd alles he wat haar oog sien. Sy het dit net altyd deur die akademies jaar gemaak het. Tot dit by die einde van haar derde jaar van studie kom, het Sally amper almal haar vakke gedruip. Dit sal Sally se laaste jaar van Grondslagfase onderwys te studeer gewees het.

Sally was baie hartseer. Sy was so spyt dat sy nie harder probeer het nie. Sally het gesukkel om deur tetrek. Sy het hoop op gegee. Sally het altyd na haar ma toe gedraai vir leiding. Haar ma was 'n baie geestelike persoon, en sy het vir Sally verduidelik dat sy altyd haar hinderpale aan God toe beurt. Haar ma het ook vir haar verduidelik dat sy moet hard werk en haar studie ernstig opneem. Want niks kom sonder harder werk nie.

Saturday, 7 September 2013

Goeie môre,

Die lewe is soos 'n droom. Miskien nie altyd nie, maar as ons dankbaar is oor wat ons alreeds het, dink ek ons sal meer gelukkig wees. Party mense is glad nie tevrede met die dinge wat hulle het nie. As ek ondankbaar voel dink ek aan dis menses wat baie swaar kry. Som van hulle het nie baie nie, maar hulle dra nog steeds 'n glimlag op hulle gesig.

Die lewe gaan nie net oor mooi motors, of 'n huis wat so groot soos 'n paleis is nie. Dis meer die klein dinge in die lewe wat meer beteken. Ek sal ook graag lyk om so ryk soos 'n miljoener te wees. Ek sal ook graag lyk om te weet wat die geheim is om gou ryk te word. Ek dink baie mense sal graag so wil wees. Miskien as mense meer geld het sal die wêreld 'n beter plek wees. Daar sal geen moord wees nie. Onskuldige kinders sal nie sleg behandel word nie en daar sal minder verkragtinge en geweld teen vrouens en kinders wees. Maar geld is nie die oplossing vir ons probleme nie.

Die klein dinge in die lewe is om dankbaar te wees om dat ek vanoggend wakker geword het. Om my familie te sien en te weet dat hulle lief is vir my. Ek het 'n dak oor my kop, my vriende te sien. Miskien in 'n perfekte wêreld, maar nou is dit tyd om terug na die werklikheid toe te gaan. Wie sê 'n meisie kan nie droom nie.

Tot volgende keer.
L.H
xoxo