Wednesday, 28 August 2013

Dame van legende,


Laat ek my voorstel aan julle. My naam is Lianne Hendricks. Ek is 22 jaar oud. Ek is gebore en het groot geword in Kaapstad. Ek spandeer my tyd deur te bak en brou en ek sing soms ook in die stort. Om te gaan fliek en lang maanskyn stappies op die strand te vat, enige iets wat nie baie inspanning verg nie. Ek hou daar van om te dink dat ek baie snaaks is. Miskien is ek in die verkeerde professie.

Ek wens my lewe was 'n sprokies verhaal. Ek wil altyd hê wat ek nie kan kry nie, maar wie sê 'n meisie kan nie droom nie? Ek hou daarvan om myself uittedruk deur die nuuste modes te dra. as 'n vrou wil ek altyd die beste in ander mense sien, veral as hulle nie 'n positiewe selfbeeld het nie. Die lewe gee vir 'n mens baie keuses. As 'n Christen glo en vertrou ek altyd op God. Ons moet altyd geloof in hom hê want hy maak deure oop wat geen man kan toe maak nie.

Tot volgende keer.
L.H
xoxo