Wednesday, 2 October 2013


My reflektiewe skryfstuk.

Toe ek met hierdie opdrag begin het, was ek baie dubbel-sinnig oor dit. Aan die eenkant was ek baie senuweeagtig, want Afrikaans is nie my sterkpunt nie. Ek kan die taal goed praat, maar om dit te skryf is ‘n heel ander saak.

Ek was ook baie opgewonde oor die nuwe uitdaging. Dit was iets wat ek altyd wou doen en nou uiteindelik die kans gekry het om dit te doen. Dit was so uitdagend aan die begin. Dit was stresvol om die blog op te sit en aanhoudend te hou date k moet ‘n skryfstuk oplaai. Dit het metertyd makliker geword, ek het begin om myself te geniet. Ek geniet dit die merest wanneer die tema iets is waarmee ek kan identifiseer. Die woorde kom maklik.

Ek sal dit nie weer doen nie, maar dit was ‘n lekker ondervinding.

Vier maniere om ‘n goeie eerste indruk te maak.

1.       Skep ‘n goeie indruk:  Die mees belangrikste ding om te doen is om ‘n goeie indruk te skep oor jou self. Dit is ook belangrik voor ‘n special geleentheid waar jy baie nuwe menses al ontmoet.

 

2.       Dink aan  jou versiersels: Kyk na jou klere; skoene; juwelierswane e.n.s. Mense kyk definitief na hierdie dinge wanneer hulle jou oordeel. Maak seker dat jou klere en grimering die indruk skep wat jy wil hê dit moet skep.

 

 

3.       Wees bewus van jou lyf taal: lyf taal is baie belangrik vir die eerste goeie indruk. Maak seker dat jou postuur en hoe jy jouself oorbring baie goed is.

 

4.       Vermy slegte dae: mense wat na skemerkelkies toe gaan het egter ‘n slegte dag agter die rug en dra dit heeltyd rond. As jy ‘n slegte dag gehad het bly by die huis of vind ‘n manier om jou uit die slegte houding uit te kry.

Friday, 20 September 2013

Goeie middag,

Kan ek vir julle 'n storie vertel?

Sally is 'n Vier-en twintig jarige onderwys student. Sy is 'n baie toegewyde student maar sy is ook baie lui. Sally was nooit iemand wat arbeidsaam was nie, maar sy wou altyd alles he wat haar oog sien. Sy het dit net altyd deur die akademies jaar gemaak het. Tot dit by die einde van haar derde jaar van studie kom, het Sally amper almal haar vakke gedruip. Dit sal Sally se laaste jaar van Grondslagfase onderwys te studeer gewees het.

Sally was baie hartseer. Sy was so spyt dat sy nie harder probeer het nie. Sally het gesukkel om deur tetrek. Sy het hoop op gegee. Sally het altyd na haar ma toe gedraai vir leiding. Haar ma was 'n baie geestelike persoon, en sy het vir Sally verduidelik dat sy altyd haar hinderpale aan God toe beurt. Haar ma het ook vir haar verduidelik dat sy moet hard werk en haar studie ernstig opneem. Want niks kom sonder harder werk nie.

Saturday, 7 September 2013

Goeie môre,

Die lewe is soos 'n droom. Miskien nie altyd nie, maar as ons dankbaar is oor wat ons alreeds het, dink ek ons sal meer gelukkig wees. Party mense is glad nie tevrede met die dinge wat hulle het nie. As ek ondankbaar voel dink ek aan dis menses wat baie swaar kry. Som van hulle het nie baie nie, maar hulle dra nog steeds 'n glimlag op hulle gesig.

Die lewe gaan nie net oor mooi motors, of 'n huis wat so groot soos 'n paleis is nie. Dis meer die klein dinge in die lewe wat meer beteken. Ek sal ook graag lyk om so ryk soos 'n miljoener te wees. Ek sal ook graag lyk om te weet wat die geheim is om gou ryk te word. Ek dink baie mense sal graag so wil wees. Miskien as mense meer geld het sal die wêreld 'n beter plek wees. Daar sal geen moord wees nie. Onskuldige kinders sal nie sleg behandel word nie en daar sal minder verkragtinge en geweld teen vrouens en kinders wees. Maar geld is nie die oplossing vir ons probleme nie.

Die klein dinge in die lewe is om dankbaar te wees om dat ek vanoggend wakker geword het. Om my familie te sien en te weet dat hulle lief is vir my. Ek het 'n dak oor my kop, my vriende te sien. Miskien in 'n perfekte wêreld, maar nou is dit tyd om terug na die werklikheid toe te gaan. Wie sê 'n meisie kan nie droom nie.

Tot volgende keer.
L.H
xoxo

Wednesday, 28 August 2013

Dame van legende,


Laat ek my voorstel aan julle. My naam is Lianne Hendricks. Ek is 22 jaar oud. Ek is gebore en het groot geword in Kaapstad. Ek spandeer my tyd deur te bak en brou en ek sing soms ook in die stort. Om te gaan fliek en lang maanskyn stappies op die strand te vat, enige iets wat nie baie inspanning verg nie. Ek hou daar van om te dink dat ek baie snaaks is. Miskien is ek in die verkeerde professie.

Ek wens my lewe was 'n sprokies verhaal. Ek wil altyd hê wat ek nie kan kry nie, maar wie sê 'n meisie kan nie droom nie? Ek hou daarvan om myself uittedruk deur die nuuste modes te dra. as 'n vrou wil ek altyd die beste in ander mense sien, veral as hulle nie 'n positiewe selfbeeld het nie. Die lewe gee vir 'n mens baie keuses. As 'n Christen glo en vertrou ek altyd op God. Ons moet altyd geloof in hom hê want hy maak deure oop wat geen man kan toe maak nie.

Tot volgende keer.
L.H
xoxo